Inwoners van Kroonstad staan al geruime tyd saam om die dorp op te knap. Verkeerseilande en ingange na die dorp is verfraai, en die silwerskoon swembaddens by die gewilde Kroonpark-vakansieoord is weer ’n? trekpleister vir toeriste. Kroonstad is Sondag (24/04) as Vrystaatse finalis in die kykNET-joernaalprogram Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie aangekondig. Inwoners word aangemoedig om vir Kroonstad te stem deur die dorp se naam na 33157 te SMS. ’n Mens kan tot 30 keer stem. ’n SMS kos R1,50. Die Kwêla Dorp van die jaar-titel word toegeken aan die dorp wat die meeste stemme ontvang. Diegene wat meer van die herstel- en opknappingswerk wil lees, kan die Facebook-blad Ignite & Revive Kroonstad besoek.Foto: Pierre Kritzinger


Verdien stemme ná opknappingswerk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article