Twee verdagtes
in ‘n veediefstalsaak het Maandag (01/08) in die Heilbron-landdroshof verskyn
om aansoek te doen vir borgtog. Die saak is egter tot Maandag (08/08)
uitgestel.
Verlede
week Donderdag (28/07) omstreeks 19:00 het die Vispol-lede wat besig was met
patrollie inligting ontvang dag ‘n verdagte voertuig wat moontlik betrokke is
by veediefstal, in die Heilbron-distrik opgemerk is.
Ondersoek
is ingestel en die twee verdagtes onderskeidelik 40 en 50 jaar oud is in besit
van vyf skape gevind. Drie skape was in die motor se kattebak en twee op die
agterste sitplek. Die ondersoek het beamptes na een van die verdagtes se huis
gelei waar hulle op karkasse van vermoedelik gesteelde skape afgekom het. Die
waarde van die gesteelde skape is R 25 000. Die polisie versoek die publiek om
onmiddellik enige vermoedens rakende veediefstal by die naaste
polisiekantoor aan te meld.