Atlete van die Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon het van 2 tot 5 April as deel van die Vrystaatspan aan die Suid-Afrikaanse kampioen­skapsbyeenkoms van Atletiek Suid-Afrika (ASA) in Germiston deelgeneem. Al drie het silwermedaljes op die byeenkoms verower. Marizelle Geyser het ’n? tweede plek in hamergooi vir meisies o.15 behaal, met ’n afstand van 45,97 m. Johan Jordaan was tweede in spiesgooi vir seuns o.19, met 63,31 m, en Derek Groenewald het ’n tweede plek in hamergooi vir seuns o.15 behaal, met 55,53 m. Die atlete het almal hul persoonlike beste afstand op die byeenkoms gegooi. Einde Maart het die drie ook aan die ASA-jeugbyeenkoms in Pietermaritzburg deelgeneem, waar Marizelle en Derek elk ’n tweede plek behaal het en Johan ’n vierde plek. “Ons is dankbaar vir ’n? baie goeie atletiekseisoen, en ek salueer elke atleet wat vanjaar hul beste gelewer het,” sê Benton Nortman, skoolhoof. Van links is Marizelle, Johan en Derek.Foto: Verskaf


Verbeter prestasies in atletiek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article