Vele hande reik uit

Die Frontier Inn Casino in Bethlehem, het ’n baie spesiale projek vir Mandela-dag van stapel gestuur.


Die Frontier Inn Casino in Bethlehem, het ’n baie spesiale projek vir Mandela-dag van stapel gestuur.

Die Frontier Inn Casinogroep, met behulp van RFG Foods wat Rhodes-kosprodukte vervaardig, het ’n groot hoeveelheid geblikte nie-bederfbare kosprodukte geskenk.

“Ons het besluit om nog sake­ondernemings te nader om ’n bydrae te lewer, en saam met Frans van Staden van RFG Foods het Jacolien Ungerer van NuPro Group en Rikus van Rensburg van Pristine Construction ingestem om hiervan deel te wees.

“Danksy die sakeondernemings het ons ’n baie suksesvolle uitreik na behoeftiges gemaak en ons wil almal hartlik bedank wat die projek moontlik gemaak het,” sê Wimpie Wagner, algemene bestuurder van die Frontier Inn Casino.

Die volgende organisasies het danksy die ruim bydraes dié skenkings ontvang:

  • Sonskyn-dienssentrum Z Frontier Inn het ontbyt by Beef Baron voorsien en NuPro het vir al die inwoners ’n koopbewys gegee. Rhodes het blikkieskos geskenk.
  • Salileni-dagsorgsentrum Z Frontier Inn het sop en broodjies, ’n bederf vir die kinders en drukkerpapier geskenk. Rhodes het blikkieskos gegee.
  • Hlokomelang Bana Disabled Centre Z Frontier het sop en broodjies, ’n bederf vir die kinders en doeke voorsien. Pristine Construction het die organisasie se dak herseël en geverf, en Rhodes het blikkieskos geskenk.
  • Bophelong Community Centre Z Frontier Inn het ’n bederf vir die kinders en handskoene gegee. NuPro het sop en broodjies voorsien en Rhodes het blikkieskos geskenk.
  • Skemervreugde-sentrum vir bejaardes, in Paul Roux Z Rhodes het blikkieskos geskenk.
  • Charlotte Theron-kinderhuis Z Het blikkieskos vanaf Rhodes ontvang.
  • Pathways Bethlehem Z Rhodes het blikkieskos geskenk.

“Frontier Inn is dankbaar dat ons ’n verskil by sewe organisasies in Bethlehem, vir Mandela-dag, kon maak. Werknemers van vier van die organisasies was betrokke om so ook hul 67 minute bydraes vir Mandela-dag te maak. Dit was lekker om terug te ploeg in die gemeenskap en ons het opnuut besef hoe bevoorreg en dankbaar elkeen van ons kan wees, soms aanvaar ons dinge vanselfsprekend.”

Daar word reeds aan volgende jaar se Mandela-dag beplan en die betrokke partye soos bo genoem en ander sakeondernemings het ook aangedui dat hulle graag die waardige saak wil ondersteun. Frontier Inn Casino sê, dit is absoluut wonderlik dat die nuus van hulle Mandela-dag soos ‘n veldbrand verprei het en dat ander ondernemings wil saamwerk om na die behoeftes van die gemeenskap om te sien.

Vele trane van dankbaarheid het op Donderdag, 18 Julie gevloei,
danksy die gene wat bereid was om ‘n verskil te maak vir Mandela-dag in ander se lewens. Al die begunstigdes was oorstelp van vreugde en hul dankbaarheid met drukkies en trane gedeel. Die kersie op die koek van Mandela-dag was toe almal betrokke ook ‘n inwoner van een van die organisasies se 81ste verjaarsdag saam kon vier.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.