Die Bethlehem Rotary-klub het ’n bedrywige Oktober agter die rug. Nie net het die distriksgoewerneur die tak besoek nie, hulle het ook instandhoudingswerk voltooi en skenkings aan ’n organisasie in die dorp gedoen.
Tydens Jacques Venter, distriksgoewerneur vir distrik 9370 waaronder die Bethlehem-tak val, se besoek op 9 en 10 Oktober is twee van die tak se projekte besoek en ondersteun.
Opknappingswerk is deur die Bethlehem-tak by die Salileni-sentrum vir gestremdes in Bethlehem gedoen en beddens is aan die Charlotte Theron-kinder-en-jeugsorgsentrum geskenk.
“Ek wil my opregte dank uitspreek teenoor Boardman Bethlehem en Real Beds Bethlehem vir hul getroue ondersteuning en skenkings,” sê Willie Hattingh, president van die Bethlehem Rotary-klub.