Veiligheid opgeknap

Vrystaat Landbou (VL) se landelike veiligheidkomitee het met die nuwe Vrystaatse LUR vir gemeenskapveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, en sy direkteure vergader om landelike veiligheid en misdaad in die boerderygemeenskappe te bespreek.


Vrystaat Landbou (VL) se landelike veiligheidkomitee het met die nuwe Vrystaatse LUR vir gemeenskapveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, en sy direkteure vergader om landelike veiligheid en misdaad in die boerderygemeenskappe te bespreek.

Op Donderdag 11 Julie het verskeie belanghebbendes die samesprekings bygewoon.

Dr. Jane Buys, veiligheidrisiko-analis van VL, sê vyf belangrike kwessies is onder die LUR se aandag gebring en bespreek.

Die organisasie het eerstens gevra dat Nasionale Landelike Beveiliging Strategie (NLBS) in die Vrystaat, wat daarop moet fokus dat elke landelike veiligheidskoördineerder van die polisie by ’n landelike polisiekantoor ’n toegewysde patrollievoertuig moet hê sodat hulle werksaamhede effektief kan verrig.

Die kapasiteit, mannekrag en voertuie van die veediefstal-eenhede moet ook aangespreek word.

Tweedens het hulle die toepassing van die nasionale skutwet versoek wat munisipaliteite verplig om skutte te bedryf om rondloperdiere te kan skut wat motorongelukke veroorsaak en ook weiding vernietig.

Die klem is hier op kwarantynskutte geplaas en die aanbeveling is gedoen dat skutte by veral die Suid-Afrika-Lesotho-grens aangebring word. Hulle het ook versoek dat beter maatreëls rakende die wysigingswet op veediefstal ingestel word om veespekulante, asook die vervoer en verkoop van vee, te reguleer.

Derdens om ’n patroleerbare grenspad by die Lesotho-grens te stel om saam met die verskillende owerhede en wettoepassers misdade effektief te kan beheer.

Vierdens dat die owerhede en onderskeie landelike forums sal vergader om beplanning te doen wat misdade sal hokslaan.

Vyfdens om die diere-identifikasiestelsel Animal Identification Act (AIDA) te herstruktureer en te oudit om te verseker dat die mense op die stelsel inderdaad boer en dat dit beperk word tot Suid-Afrikaanse burgers.

Pieter Kemp, vise-voorsitter van VL se Landelike Veiligheidkomitee, sê die LUR is ook ingelig oor VL se private ondersoekers wat verskeie suksesse behaal het met veediefstalle. Dit is onder leiding van Peet Swanepoel, wat die polisie se veediefstal-eenhede bystaan.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.