Die polisie
van die Thabo Mofutsanyana-distrik is op soek na een van twee verdagtes wat
drie veewagters by die Tseki-veepos oorval, ontvoer is en in ? wilde skietery
twee van die veewagters doodgeskiet het.
Op Saterdag
(02/07) omstreeks 08:00 is drie jong veewagters deur twee mans wat te perd gery
het, by die Tseki-veepos gekonfronteer oor moontlike veediefstel.
Die drie
veewagters is hardhandig gedwing om saam met die mans na ? naby geleë veepos te
gaan en voordat die mans deur die rivier by die veepos gevlug het, is skote
afgevuur en twee van die drie veewagters is noodlottig gewond en op die toneel
dood.
Een van die verdagtes is in die skietery gewond en is in ? nabye
hospitaal opgeneem waar hy onder polisiebewaking aansterk Die twee oorledenes
is buitelandse burgers wie se families hulle moet identifiseer voordat hulle
name bekend gemaak kan word.
Die polisie se ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings word binnekort verwag. Die verdagte sal na ontslag uit die
hospitaal in die Tseki-landdroshof op aanklagte van dubbelmoord en poging tot
moord verskyn.
Tseki is ‘n
dorpie in die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit van Thabo
Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit in die Vrystaat in Suid-Afrika.