In ’n wêreld van omgewingsonsekerheid en sosio-ekonomiese kwessies streef VKB Brokers daarna om kliënte gemoedsrus te gee in die wete dat hulle met die voorste bedryfskennis van hul toegewyde makelaar toegerus is.
VKB Brokers bied dekking aan kliënte wat wissel van spesialis- landboukundige produkte tot persoonlike en kommersiële oplossings, om na hulle versekeringsbehoeftes om te sien. Die dienste sluit in ’n wye verskeidenheid pasgemaakte produkte vir die persoonlike versekeringsmark.
VKB se makelaars wil elke kliënt met die mees toepaslike advies toerus sodat hulle die beste beskikbare dekking het en terselfdertyd weet dat hul finansiële behoeftes bevredig word.
Eienaars van ondernemings kom verskeie uitdagings op die pad na sukses teë. VKB Brokers verstaan die uitdagings en weet dat dit nie altyd voorspelbaar is nie – daarom leer ken makelaars die behoeftes en besigheid van kliënte ten volle voordat advies gegee word.
Kommersiële versekering moenie ’n las vir sake-eienaars wees nie, maar eerder ’n stuk risikobestuursgereedskap wat vaardig hanteer word deur ’n makelaar wat die daaglikse uitdagings verstaan.
Dié makelaars verstaan die kwessies weens uiterste weersveranderinge waarvoor boere daagliks te staan kom. Van laat reën tot katastrofiese haelstorms – die uitdagings wat aan ’n boer gestel word, is talloos.
VKB Brokers roem hom daarop dat hy ’n toegewyde span spesialis-oesversekeringsmakelaars het. Toegerus met tegnologie, kennis en ’n begrip vir die plaas, weet VKB dat boere die onbeheerbare faktore van die boerdery kan bestuur.
VKB Brokers sien na ondernemings en die geliefdes van die boer om wanneer die boer te sterwe kom. Die kredietlewensversekeringspolis help die besigheid en gesin in tye wanneer hulle dit die nodigste het.
Elke kliënt is uniek en moet daarom ’n unieke ervaring hê wanneer oor versekering vir sy of haar bates besluit word – dit is ’n sleuteloortuiging van die VKB-makelaars-familie.
VKB is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FDV 4813) en ’n gemagtigde kredietverskaffer (NCRCP 477).
Voordele
- VKB|NTK is een van die topmakelaars in die Vrystaat en geniet bedingingsmag by versekeraars om kliënte die beste waarde vir geld te bied.
- Bate-, multirisiko- en haelversekering word deur bekwame personeel gebied.
- Besigheid word slegs geplaas by versekeringsmaatskappye wat markleiers is.
- Risiko-ontledings en onafhanklike advies word deur gekwalifiseerde adviseurs gebied.
- Adviseurs is oor die hele VKB|NTK-bedieningsgebied beskikbaar.
- Persoonlike skakeling en kontak word met kliënte behou, en besoeke word gebring.
- Lede verdien korting indien hul versekering deur VKB|NTK gefinansier word (winsdeling).
Korttermynversekering
Soos reeds genoem, doen VKB|NTK slegs sake met wesenlike en erkende versekeraars wat die onderskeie produkte suksesvol kan onderskryf.
Enigeen is welkom om deur VKB te verseker. Die korttermynversekeringsprodukte wat gebied word, is op die volgende van toepassing, maar nie beperk tot dit wat genoem is nie:
- persoonlike versekering vir die individu;
- kommersieel (motorhandelaars, sakemanne, dokters, algemene handelaars en so meer);
- agri en boerdery;
- vragmotors (vervoerkontrakteur);
- ingenieurs;
- transito (enkel-transito, sowel as vervoerkontrakteurs);
- lugvaart;
- taxi’s,
- gastehuise;
- waarborgpolisse;
- vulstasies;
- grasdakrisiko’s;
- skole;
- beheerliggame (meenthuiskomplekse); en
- RMI (meganiese werkswinkels).
Oesversekering
Produsente kan met veiligheid hul risiko’s verskans.
VKB|NTK bied as onafhanklike makelaar verskeie opsies van meer as een versekeringsmaatskappy aan sy lede.
Oesversekeringsprodukte om die volgende te dek, is beskikbaar:
- haelskade;
- multi-risiko’s; en
- vee.
Omvattende versekering van vee teen katastrofiese gebeurtenisse, byvoorbeeld diefstal, siektes en verkluiming, is beskikbaar en kan deur VKB uitgeneem word.