Twee atlete van die Hoërskool Trio in Kroonstad het uitstekend gevaar op die Vaaldriehoek-atletiekbyeenkoms wat op 16 November aangebied is.
Anika Lötter het in die o.16-paalspringnommer vir meisies die eerste plek behaal, met ’n hoogte van 3,50 m.
T’keyah Cannell het aan o.16-baannommers vir meisies deelgeneem en was die wenner in die 200 m (met ’n tyd van 27:12), 400 m (1:02:27) en die 800 m (2:41:41).
– Madli Grobbelaar


