TV-reeks bring hoop na dorpe

Met kykNET se nuwe program “Lottoland help ’n dorp” gaan die Lottoland-span dorpe oor die land heen besoek en mense ontmoet wat ’n plan en ’n droom het om hul gemeenskap te verbeter.


Met kykNET se nuwe program Lottoland help ’n dorp gaan die Lottoland-span dorpe oor die land heen besoek en mense ontmoet wat ’n plan en ’n droom het om hul gemeenskap te verbeter.

Lottoland het reeds hul staal getoon met die kykNET-goedvoelprogram “Dankie, Lottoland”, waardeur miljoene rande aan organisasies of mense in nood geskenk is.

Lottoland is vanjaar die hoofborg van kykNET se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie waar die wendorp R1 miljoen kontant van dié organisasie sal ontvang.

Die soort projekte wat aan Lottoland help ’n dorp voorgelê kan word, sluit die volgende in:

  • gemeenskapsentrum;
  • biblioteek;
  • sportgeriewe;
  • opleidingsentrum;
  • hulp aan ’n bestaande sentrum of organisasie wat die dorp se inwoners dien, soos ’n plaaslike skool, dierewelsyn-organisasie of ouetehuis;
  • gemeenskapstuin;
  • herwinningsprojekte;
  • opknapping van historiese gebou of toeristebesiens­waardigheid; en
  • hernubare energieprojekte, soos sonkrag.

Die volgende reëls geld:

  • Slegs dorpe in Suid-Afrika kan inskryf, en elke dorp moet benoem word deur ’n komitee van inwoners wat die dorp en die droomprojek verteenwoordig.
  • Die projek(te) moet volhoubaar wees en die dorp moet in geheel daarby baat vind.
  • Projek(te) moet binne vier weke ná goedkeuring uitgevoer en voltooi word.
  • Die voorgestelde projek mag ook nie die maksimum begroting van R500 000 oorskry nie.
  • Komiteelede moet self vooraf toestemming bekom indien die projek bedryf gaan word op munisipale grond of op eiendom wat deur ’n derde party besit word.

Altesaam 13 dorpe sal uit die kwalifiserende inskrywings gekies word.

Oorweging sal geskenk word aan die projek se volhoubaarheid, uitvoerbaarheid en gemeenskaps­betrokkenheid.

Besoek kyknet.tv, of skryf aan dankielottoland@gmail.com.

  • Inskrywings sluit om middernag op 30 Junie.

You need to be Logged In to leave a comment.