In die kragmetings tussen die Hoërskool Trio van Kroonstad en die Goudveld-Hoërskool van Welkom, as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks, was dit Trio wat oorheers het.

Vanuit die staanspoor het die spelers van Trio druk op hul teenstanders geplaas en koning gekraai op die rugbyveld deur al hul wedstryde te wen.

Op die netbalbaan het Trio agt van die 13 wedstyde gewen; en die meisie-hokkiespanne het uit die 5 wedstryde wat gespeel is, slegs 1 wedstryd verloor en 1 geglykop gespeel.

Trio se seunshokkiespanne het ‘n ongelooflike sportkragmeting beleef toe hulle in al hul wedstryde teen Goudveld geseëvier het.

Al die wedstryde is op Saterdag 12 April in Kroonstad gespeel.

Die Hoërskool Trio het op 12 April in Kroonstad, in kragmetings as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks, teen die Goudveld-Hoërskool van Welkom te staan gekom. Trio het ‘n ongelooflike sportdag beleef met goeie oorwinnings. Hier is Jandré Spies van Trio in aksie op die hokkieveld. Trio se seunshokkiespanne het al hul wedstryde gewen. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.