Trio vestig spogkudde

’n Besonderse eer het die Hoërskool Trio op vanjaar se Bloemskou te beurt geval nadat die skool ses van sy stoetdiere vir die santa gertrudis-kampioenskap ingeskryf het.


’n Besonderse eer het die Hoërskool Trio op vanjaar se Bloemskou te beurt geval nadat die skool ses van sy stoetdiere vir die santa gertrudis-kampioenskap ingeskryf het.

Die drie bulle en verse het teen gesoute telers se stoetdiere meegeding.

VBS 180009 was algeheel eerste in die afdeling vir manlike diere drie tot vier jaar oud en is ook as senior kampioen en raskampioen onder die manlike diere aangewys.

Dit is vanjaar die eerste keer sedert die skolekuddes gevestig is dat een van die skool se diere aan die interraskampioenskap op Bloemskou deelgeneem het.

Verskeie welslae is die afgelope jare met die skool se kudde behaal, waartydens van die diere op die Alfa-expo as interras­kampioene van die skolekuddeprojek gekroon is. Die trofee vir die beste bestuur en rekordhouding van skolekuddes is verskeie jare aan die Hoërskool Trio (vroeër bekend as die Hoërskool Kroonstad, oftewel Blouskool) toegeken. Die skool se kuddes het op verskeie geleenthede op die Vryburgskou, Bloemskou en jeugskoue prestasies behaal.

Die kudde het die afgelope twee jaar ’n eerbewys vir uitnemendheid van die santa gertrudis-genootskap ontvang vir ’n kudde met ’n interkalfperiode van 414 dae, met kuddegrootte van 26 tot 50 diere.

In 2020 en 2021 het die kudde onder­skeidelik ’n tweede en ’n derde plek behaal.

Die Hoërskool Trio het in Oktober 2016 nege verse ontvang vanaf die Santa Gertrudis genootskap in samewerking met die Landbou Jeugstigting vir Landboubestuurspraktyk wat die skool aanbied.

You need to be Logged In to leave a comment.