Trio Primêr in Kroonstad, wat sedert 2021 as een van die toplaerskole in die omgewing sy stempel afdruk, spog met meer as 900 leerlinge.
Onderwys van hoogstaande gehalte, wat remediërende onderrig insluit, is van kardinale belang by Trio.
Die skool bied ook die Stimulus Maksima-leesprogram en biokinetika vir die grondslagfase aan.
Trio bied ’n wye verskeidenheid sportsoorte en afrigting aan. Dit sluit in: atletiek, hokkie, jukskei, krieket, landloop, tweekamp, tennis, netbal, rugby, skaak en swem. Leerlinge word ook die geleentheid gebied om aan boogskiet en fietsry buite skoolverband deel te neem.
Op kultuurgebied staan die skool ook nie terug nie. Leerlinge kan aan die bedrywighede van Die Voortrekkers en die Kroonstad-eisteddfod deelneem; hul in spraak en drama, kuns en revue uitleef; of hulle by die trompoppies aansluit.
Die skool spog met topredenaars wat al op nasionale vlak indruk gemaak het, asook seuns en meisies wat in verskeie sportsoorte op nasionale en provinsiale vlak presteer het.
Die skool beskik oor uitstekende koshuisgeriewe waar leerlinge van die omgewing kan tuisgaan.
Ouers word op die hoogte gehou van al die skool-aktiwiteite deur middel van ’n goed saamgestelde nuusbrief, WhatsApp-groepe en kommunikasie op sosialemediaplatforms.
Die skool heg waarde aan goeie, Christelike beginsels waardeur elke kind se uniekheid erken word en hul talente ontwikkel word.
Trio Primêr bied ’n mega-skoolgeleentheid met egte plattelandse waardes.
Besoek die skool by Verwoerdstraat 1, Kroonstad, of skakel 056-212-5702 vir inligting.