Atlete van die Kroonstad-multisportklub het op Saterdag 25 November die klub se jaarlikse prysuitdeling by die Serfonteindam, Kroonstad, gehou.
Elize de Beer, klubkaptein, het die trofeë en eerbewyse oorhanding.
Paul Maree het in sy afwesigheid die trofee vir beste sportmanskap ontvang. Hy was in die buiteland waar hy op Sondag 5 November aan die New York-marathon deelgeneem het. Maree sal op Woensdag 13 Desember aan die Antartika-marathon deelneem en op 26 Desember aan die Brasilië-marathon.
Marius van Biljon, klubvoorsitter, het die eerbewys vir die meeste kilometers afgelê, ontvang, Thinus Wilken die trofee vir die eerste klublid wat vanjaar oor die wenstreep is by die Comrades-marathon en Magda van Schalkwyk het die trofee vir die mees belowende nuwe atleet ontvang. Karien Smith het die eerbewys vir die atleet wat meeste vordering gemaak het ontvang en Rea Moekoena is as die beste junior atleet aangewys. Bobby de Kock is as atleet van die jaar aangewys.