Toonvenster van skolesport om die draai

Die Bokkieweek-skolesporttoernooi word vanjaar van 3 tot 7 Julie in Kroonstad aangebied.


Die Bokkieweek-skolesporttoernooi word vanjaar van 3 tot 7 Julie in Kroonstad aangebied.

“Ons verwag ongeveer 2 980 spelers en ongeveer 500 beamptes vir die Bokkieweek en. Die program begin op 3 Julie om 17:45 by die North High School (die ou Rooiskool), met Steve Hofmeyr as gaskunstenaar,” sê ds. Peter Stans, uitvoerende hoof van Afrikaner Volkseie Sport. Die Bokkieweek sal op die verskeie sportterreine van die onderskeie skole in Kroonstad plaasvind.

Rugby-, hokkie-, en netbalspanne van die o.13-ouderdomsgroep en hoër sal kragte meet.
Die organiseerders beplan om ’n volledige Bokkieweek aan te bied wat die o.13-, o.14-, o.16- en o.19-rugby- en netbalspanne, asook die o.14-, o.16- en o.19-meisiehokkie en o.15- en o.19-seunshokkie-spanne in te sluit.

You need to be Logged In to leave a comment.