Atlete aan die Bethlehem-akademie het op 8 Februarie aan ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms by die Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon deelgeneem. Van links is, voor: Tanya Maass (eerste in die 60 m- en tweede in die 80 m-nommer vir meisies o.9), Ethan Mdakane (tweede in die 60 m- en eerste in die 80 m-nommer vir seuns o.8), Ané Maass (tweede in die 80 m-nommer vir meisies o.10), Alne Schoeman (tweede in die 100 m-nommer vir meisies o.12 en derde in gewigstoot vir meisies o.10) en Caleb Springbok (derde in die 60 m-naelloop vir seuns o.9)