Hoewel die Vrystaat vroeg in die herfs nog bloedige warm weer ervaar, is temperature soggens en saans reeds effens laer. Die Suid-Afrikaanse Weerkantoor in Bloemfontein voorspel dat warm toestande in dié week oor die Noord- en Oos-Vrystaat sal voortduur – met maksimum temperature wat bo 30 °C sal draai. Geen, of ’n minimum, reën word voorspel. Die natuur volg egter sy eie program, en die omgewing by Clarens is wel besig om sy herfsbaadjie aan te trek. Bome verkleur stelselmatig in die mooiste, warmste skakerings van hierdie seisoen. Foto: Cecile Nijland


You need to be Logged In to leave a comment.