Inwoners van Bethlehem is bekommerd oor die haglike omstandighede by die openbare toilette in High-straat.
Geen lopende water is meer hier toeganklik nie, rommel is oral gestrooi en mense kla oor ’n onaangename reuk wat om die geboue hang.
Die grootste bron van kommer rakende dié situasie is egter die onhigiëniese stand van sake, en lede van die publiek meen dit hou enorme gesondheidsrisiko’s in.
Estie Senekal, ’n DA-raadslid in die Dihlabeng-munisipaliteit, sê dat die kwessie reeds op verskeie geleenthede onder die aandag van die munisipale bestuur gebring is.
Die DA wag egter nog op terugvoering.
VrystaatKroon
het ook ’n amptelike navraag oor die omstandighede by die toilette aan die munisipaliteit gerig, maar wag ook steeds op terugvoering hieromtrent.