Toestand van begraafplase in Dihlabeng-munisipaliteit skok

Die haglike toestand waarin die begraafplase van die Dihlabeng-munisipaliteit verkeer is ‘n groot kommernis vir die gemeenskappe en veral vir die wat geliefdes daar begrawe het. Ná ‘n onlangse oorsigbesoek […]


Die haglike toestand waarin die begraafplase van die Dihlabeng-munisipaliteit verkeer is ‘n groot kommernis vir die gemeenskappe en veral vir die wat geliefdes daar begrawe het.

Ná ‘n onlangse oorsigbesoek deur die Demokratiese Alliansie (DA) aan verskeie begraafplase binne die Dihlabeng-munisipaliteit was raadslede geskok oor die betreurenswaardige toestand waar in die begraafplase bevind is.

Foto’s en video’s oor die huidige toestand is na die besoeke aan die direkteur van gemeenskapsdienste gestuur waarin formeel versoek is dat die munisipaliteit moet optree om die toestand van die begraafplase te verbeter.

“Vir die munispaliteit is die begraafplase nie ‘n prioriteit nie en daar word geen aandag aan die ruimtes gegee nie. Grafte is besig om ineen te stort, terwyl ander skaars gesien kan word weens die dik onkruid en bosse. Grafstene word gebreek of het omgeval, en blompotte is verwyder of stukkend geslaan,” sê Estie Senekal, DA-raadslid van die Dihlabeng-munispaliteit.

Senekal sê hoewel ‘n klein gedeelte van een begraafplaas goed onderhou lyk, is die oorgrote meerderheid onaanvaarbaar.

“Selfs die kleurvolle kosmosblomme wat in blom is, kan nie die werklikheid verberg nie. Mense se geliefdes wat daar begrawe is vedien immers waardigheid en respek.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.