Dubbele bewaring -(deel een).

Dit is waar wat denkers oor die eeue filosofeer het, die toekoms is en bly onvoorspelbaar.

Nie een van ons weet wat die toekoms vir onsself of ons land inhou nie die toekoms van jouself of die land inhou nie. Maar tog kan ons weet: Ons toekoms is in Sy hande. Ons toekoms is Godgeborg.

Dieselfde God wat meer as 2 000 jaar gelede die graf van sy Seun leeggemaak het. Die klip weggerol het en die doeke opgevou het, het die toekoms volgemaak met die mens se erfenis. Dit is buite bereik van die meedoënlose gang van die tyd.

Soos Matteus in Matteus 6:20 sê, mot en roes kan dit nie verniel nie, en diewe kan nie daar inbreek en dit steel nie. In ons konteks kan ons ook sê, geen bedrog, geen kaping, geen moord kan dit wegneem nie. Dis veilig, vas, seker, Godgeborg! Maar, asof dit nie genoeg is nie, voeg Petrus daarby, en omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. (1 Petrus 1:5)

Dit is ’n dubbele bewaring. Die mens én sy erfenis is veilig.

Maak nie saak wat in hierdie lewe gebeur met my nie, as ek my lewe vir die Here gegee het, kan ek weet my lewe is veilig by Hom.


  • De Kock is leraar aan die NG Kerk Bethlehem -Noord.

You need to be Logged In to leave a comment.