Toekoms is veilig

Dit is waar, wat denkers oor die eeue heen filosofeer het: Die toekoms is en bly onvoorspel­baar.


Dit is waar, wat denkers oor die eeue heen filosofeer het: Die toekoms is en bly onvoorspel­baar.

Nie een van ons weet wat die toekoms vir onsself of ons land inhou nie.

Tog kan ons weet: Ons toekoms is in sy hande. Ons toekoms is Godgeborg.

Dieselfde God wat meer as 2 000 jaar gelede die graf van sy Seun leeggemaak het; die klip weggerol het; en die doeke opgevou het, het die toekoms met die mens se erfenis volgemaak. Dit is buite bereik van die meedoënlose gang van die tyd.

Soos Matteus 6:20 dit stel, mot en roes kan dit nie verniel nie, en diewe kan nie daar inbreek en dit steel nie.

In ons konteks kan ons ook sê: Geen bedrog, geen kaping, geen moord kan dit wegneem nie. Dit is veilig, vas, seker, Godgeborg.

Maar, asof dit nie genoeg is nie, voeg 1 Petrus 1:5 daarby: En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

Dit is ’n dubbele bewaring. Die mens én sy erfenis is veilig.

Maak nie saak wat in hierdie lewe met my gebeur nie, as ek my lewe vir die Here gegee het, kan ek weet my lewe is veilig by Hom.


  • De Kock is leraar aan die NG kerk Bethlehem-Noord.

You need to be Logged In to leave a comment.