Tannie Rosy blom agter loopraam

Een van die oudste inwoners van Kroonstad, tannie Rosy Tlali (107), moes tot onlangs toe met behulp van twee stokke oor die weg kom, maar danksy ’n anonieme skenker het sy ’n loopraam ontvang.

Nadat sy jare lank met twee stokke oor die weg moes kom, het tannie Rosy Tlali (107) van Kroonstad ’n loopraam ontvang. Saam met haar is van links Cobus de Beer (Isidingo-sekuriteit), Hilda Tlali (skoondogter) en Spaski Geldenhuis (Kroonstadse Rotary-klub).Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Een van die oudste inwoners van Kroonstad, tannie Rosy Tlali (107), moes tot onlangs toe met behulp van twee stokke oor die weg kom, maar danksy ’n anonieme skenker het sy ’n loopraam ontvang.

Cobus de Beer van die Isidingo-sekuriteits­firma het van tannie Rosy se behoefte te hore gekom en Spaski Geldenhuis van die Rotary-klub om hulp genader. Geldenhuis het deur ’n anonieme skenker vir haar ’n loopraam bekom.

“My ma is so dankbaar vir haar loopraam,” sê skoondogter Hilda Tlali.

“Sy het net hardop ‘kea leboha’ gesê en was oorstelp van vreugde. Sy het die loopraam dadelik op die proef gestel en gemaklik om die huis geloop.”

Hoewel tannie Rosy se gesondheid nog goed is, sukkel sy met haar gehoor en om te loop.

Sy het 14 kinders gehad, waarvan 3 nog lewe, en het 21 kleinkinders. Die gesin bly al jare naby die Groblersdam-pompstasie in Kroonstad, waar haar seun Andries gewerk het.

Tannie Rosy sal haar 108ste verjaardag op 17 Augustus vier.

You need to be Logged In to leave a comment.