Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het geskitter in kragmetings as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks op 10 en 11 Mei in Bethlehem. Die skool se spanne het te staan gekom teen dié van die Goudveld-Hoërskool van Welkom.
Op die rugbyveld het Witteberg die oorhand gehad toe hulle nege uit die tien rugbywedstryde gewen het en een gelykop gespeel het.
- Die kroon is gespan deur die oorweldigende sege van 52 – 0 op die telbord in Witteberg se eerste span se guns. Drieë is deur Jacques van der Merwe, Sydwell Sethi, Janco Swart, Pieter Nel, Colin van der Merwe en Kenyon Morat gedruk, terwyl Llewellyn Beukes ses doelskoppe oorgeskop het.
Wittberg se hokkiespanne het nie agtergebly nie en het ses uit hul tien wedstryde gewen.
Op die netbalbaan het die Witteberg-span sy stempel afgedruk met ’n indrukwekkende sege-rekord van 11 uit 14.
Gustav Dreyer, bemarkingshoof van Witteberg, sê die naweek was ’n reuse-sukses en Witteberg is trots op die puik uitslae.
“Met so ’n sterk vertoning agter Witteberg stuur ons ’n duidelike boodskap uit na aan die kompetisie: Witteberg is slaggereed vir die komende naweek se uitdaging in die jaarlikse derby teen die Hoërskool Voortrekker.Ons sien dit as ‘n voorsetting van die positiewe momentum wat Witterberg tans op die sporvelde beleef.”
Die uitslae is soos volg, met Witteberg se telling telkens eerste:
Rugby
- Eerste span: 52 – 0;
- tweede span: 12 – 12;
- derde span: 19 – 5;
- vierde span: 26 – 12;
- o.16A: 34 – 10;
- o.16B: 47 – 7;
- o.15A: 29 – 7;
- o.15B: 42 – 5;
- o.14A: 54 – 0; en
- o.14B: 17 – 12.
Hokkie (meisies)
- o.14B: 7 – 0;
- o.14A: 5 – 0;
- o.16A: 3 – 0;
- derde span: 0 – 6;
- tweede span: 1 – 0; en
- eerste span: 5 – 0.
Hokkie (seuns)
o.14A: 7 – 0;- o.16A: 0 – 1;
- tweede span: 1 – 0; en
- eerste span: 1 – 2.
Netbal
- o.14A: 22 – 8
- o.14B: 22 – 10
- o.14C: 22 – 5
- o.15A: 43 – 9
- o.15B: 27 – 13
- o.15C: 29 – 3
- o.16A: 14 – 18
- o.16B: 16 – 18
- o.17A: 9 – 29
- o.19A: 38 – 28
- o.19B: 23 – 15
- o.19C: 25 – 10
- o.19D: 21 – 9; en
- o.19E: 12 – 4.