Tak rol moue op

Die Heilbron-tak van AfriForum in was baie produktief in Oktober en het drie groot projekte aangepak as deel van sy #OnsDorp-projek.


Die Heilbron-tak van AfriForum in was baie produktief in Oktober en het drie groot projekte aangepak as deel van sy #OnsDorp-projek.

Die tak het in Langmark- en Kerkstraat 13 stoptekens, asook die stoptekens by die vierrigting­stop by die slaghuis in Langmarkstraat geverf.

Nie net is padstrepe geverf nie, die plaveisel en padgeute is ook skoongemaak.

Met die oog op die tak se gholfdag wat op Saterdag 4 November plaasvind, het die tak ook die ingange na die rolbal- en gholfklub opgeruim en die bome gesnoei.

“Stuk-vir-stuk sien ons hoe die werk wat die verskillende takke doen, ’n verskil in dorpe maak. As elke inwoner van ’n dorp net sy eie sypaadjies netjies en skoon hou, sal die verskil selfs groter wees,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineer­der vir die Mooirivier.

Vir meer inligting oor die tak se bedrywighede, bel Paul Berg by 081-354-3073.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.