Die departement het bevestig dat hy nie oor die geld beskik om alle dringende padonderhoudsbehoeftes oor die provinsie heen te hanteer nie.
‘n Vergadering om die bek-en-klouseer-krisis te bespreek is in Kroonstad deur Elzabé Rockman, LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, belê.
Van 14 tot 16 Julie is sewe veldbrande binne ’n radius van 20 km in die Boesmanskop-gebied gestig. Weiding, vee en infrastruktuur het in die slag gebly.
‘n Tweede vloed in een maand langs die Vaal- en Oranjerivier veroorsaak erge skade aan strukture, en die departement van water en sanitasie is onder skoot.
Skryf in vir ‘n fotokompetisie waar die hele waardeketting van wol vasgevang word, en kom in aanmerking om groot pryse te wen.