Tafelaars woon jaarlikse saamtrek by

Bethlehem se Tafelronde 60 het vanjaar die Numbers Meeting van Donderdag (20/04) tot Sondag aangebied.

Die Tafelaars se jaarlikse Numbers Meeting is vanjaar deur Bethlehem se Tafelronde 60 aangebied. Hier is die besoekers van vyf lande saam met plaaslike tafelaars. Hulle het saamgewerk aan die Masechaba-dagsorgsentrumprojek, wat hoofsaaklik van Tafelronde Waterland 60 van Nederland geldelike steun ontvang.Foto: Surita Shields

Credit: SYSTEM

Bethlehem se Tafelronde 60 het vanjaar die Numbers Meeting van Donderdag (20/04) tot Sondag aangebied.

Tafelaars van groepe oor die wêreld heen met die nommer 60 woon dié jaarlikse byeenkoms by. Lede van Frankryk, Denemarke, Finland, Nederland en Duitsland het vanjaar in Bethlehem bymekaargekom.

“Ons het ?’n propvol program vir ons besoekers gehad, maar die hoogtepunt was die besoek aan die Masechaba-dagsorgsentrum wat deur die Nederlanders befonds is en wat steeds steun ontvang. Die kinders het die oorsese besoekers met sang verwelkom en die lede het die besoekers die res van die naweek op egte Suid-Afrikaanse gasvryheid trakteer,” sê Alwyn Shields van Bethlehem se Tafelronde 60.

Die byeenkoms is Saterdag met?’n spogdinee afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.