Swemmers presteer

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het aan die Sterkfontein-oopwaterswembyeenkoms, wat op Saterdag 24 Februarie by Harrismith gehou is, deelgeneem en goeie tye behaal.


Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het aan die Sterkfontein-oopwaterswembyeenkoms, wat op Saterdag 24 Februarie by Harrismith gehou is, deelgeneem en goeie tye behaal.

Die klub se swemmers het die volgende prestasies bereik:

  • Janke Exhley het aan die 500 m-nommer deelgeneem en dit voltooi.

In die 3 km-nommer het Jaden Maritz ’n tweede plek behaal, in ’n tyd van 43:37.39; in dieselfde nommer het Gaby Bishop ’n tweede plek behaal, in 52:22.63; Lika Zietsman het ook in die 3 km-nommer ’n vierde plek behaal, deur die afstand in ’n tyd van 55:55.86 af te lê; Simonè Pretorius het op haar beurt ’n vyfde plek in ’n tyd van 56:49.17 aangeteken; en Mieke Hattingh het ’n tiende plek in die 3 km-nommer behaal, deur die afstand in ’n tyd van 1:07:16.26 af te lê.

  • In die 1 500 m-nommer het Alissa Erasmus ’n vierde plek, in ’n tyd van 38:42, behaal en Lutendo Mphelo ’n eerste plek in haar ouderdomsgroep, in 44:10.
  • Wian Vermeulen en Oliver Bredenkamp het ook die 1 500 m-nommer voltooi.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.