Swemmers leer én presteer

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het puik presteer op die Super Seals-swemgala wat verlede week in Bloemfontein plaasgevind het.

Simoné Pretorius, wat ook vir die vlak 2-kampioenskap gekwalifiseer het.Foto’s: Verskaf

Credit: SYSTEM

Lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem het puik presteer op die Super Seals-swemgala wat verlede week in Bloemfontein plaasgevind het.

Meisieswemmers van dié klub wat op die gala op 6 en 7 Oktober uitgeblink het, sluit in Miné Zietsman, wat derde in die o.8-ouderdomsgroep was; Lika Zietsman, wat tweede in die ouderdomsgroep 11 tot 12 jaar was; en Ina Prinsloo, wat ’n tweede en ’n derde plek in die ouderdomsgroep vir meisies 17 jaar en ouer verwerf het.

Jaden Maritz was eerste in die ouderdomsgroep vir seuns 17 jaar en ouer en is boonop as die senior victor ludorum aangewys.

Gaby Bishop, Elanri du Randt en Simoné Pretorius het op die gala vir die vlak 2-kampioenskap gekwalifiseer.

Lede van die klub in Bethlehem het ook van 2 tot 6 Oktober aan die Super Seals Tec-week deelgeneem.

“Dit was vir ons ’n groot voorreg om swemafrigting by die bekende afrigters Simon Gray, Adrian Goate, Dean Price, Tracey Hemphill en Eugene da Ponte te ontvang om ons tegniek en swemstyl te verbeter,” sê Tina Nel van Bethseals.

“Lara van Niekerk, Suid-Afrika se topborslagswemmer wat in 2024 aan die Olimpiese Spele sal deelneem, het ook hand bygesit en was vir ons swemmers werklik ’n groot inspirasie.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.