Stryd skep ’n kultuur van eenheid

Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Witteberg en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het weer ’n opwindende sportdag na dié dorp gebring.


Die Hoërskool Voortrekker het koning gekraai tydens die jaarlikse derby wat op Saterdag (12/05) by die Hoërskool Witteberg in Bethlehem plaasgevind het. Die Voortrekker-span het al die rugbywedstryde gewen. Hier is Alexander Maree van Voortrekker met die bal, in aksie. Foto: Willie Kruger.

Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Witteberg en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het weer ’n opwindende sportdag na dié dorp gebring.

Vanjaar was Witteberg die gasheer en die baie goed georganiseerde sportdag wat op Saterdag 12 Mei plaasgevind het, het ondersteuners van wyd en syd gelok.

Uitstekende sportmangees het geheers en albei skole het vir sport van hoogstaande gehalte het die skare op hul voete gehad en hulle goed van hulle taak gekwyt.

Dit was egter die Hoërskool Voortrekker se eersterugby-, netbal- en hokkiespanne wat behoorlik stof in hul opponente se oë geskop het en as die algehele wenners van die dag uit die taai stryd getree het.

“Goeie afrigting, spanwerk en karakter was die wenresep vir hierdie oorwinnings. Baie dankie aan elke afrigter van al die spanne vir hul toegewydheid gedurende die afgelope seisoen. Die spelers se dissipline op die veld het getuig van goeie sportmanskap.

“Op die netbalbaan het deursettingsvermoë, spanwerk en goeie afrigting daartoe bygedra dat netbal inderdaad op die dag geseëvier het. Op die hokkieveld het uitstekende spanwerk die spanne tot aan die einde van elke wedstryd gedra.

“Derbydag is vir die Bethlehem-gemeenskap ’n hoogtepunt op die kalender. Baie dankie aan die Hoërskool Witteberg wat die gasheerskool was en baie moeite gedoen het om vir almal die dag spesiaal te maak,” sê Benette Brits, onderhoof van die Hoërskool Voortrekker.

Die volgende spelers van Voortrekker is in hul onderskeie wedstryde as die man of vrou van die wedstryd aangewys: Lana Wessels (beste meisie hokkiespeler), Dawid Terblanche (beste seuns hokkiespeler), Anke Heyns (beste netbalspeler) en Arnold Ras (beste rugbyspeler). Die spelers het elk ’n geskenkpak, geborg deur Vodacom, Watashi Spur Steak Ranch en Reinecke de Jager Oogkundiges, ontvang.

Voortrekker was kookwater op die hokkiebaan en die eerstemeisiespan het as die algehele wenners uit die stryd getree. Hier is Yani Greyvenstein (Voortrekker) en Bongi Radebe (Witteberg) in aksie op die hokkieveld. Foto: Willie Kruger
Hokkie

Op die eerste dag van die derby:

  • Voortrekker wen vier hokkiewedstryde en speel een gelykop vir die Wesgrow-reeks. Derde-meisiesspan wen 3 – 0) o.16B-meisies speel gelykop (2 – 2) en wen 8-sekondes uitspeel 2 – 1.) Tweede-meisiesspan wen 1 – 0.) Tweede-seunsspan wen 2 – 1.) o.14A-seunshokkie verloor 1 – 3.
  • Tweede dag uitslae: o.16A-seunsspan wen 7 – 0.) Eerste-seunsspan wen 1 – 0.) Eerste-meisiesspan hokkie speel gelykop (2 – 2) en wen 8-sekondes uitspeel 2 – 1.) o.16A-meisiesspan speel gelyk op (0 – 0), verloor 8-sekondes uitspeel 4 – 2.) o.14A-meisiesspan wen 2 – 0.
Rugby

Die Voortrekker-spanne het die derby oorheers en al hul wedstryde gewen.

  • Die uitslae is soos volg: o.14A-span wen 5 – 0.) o.14B-span wen 24 – 12.) o.15A-span wen 14 – 8.) o.15B-span wen 21 – 5.) o.16A-span wen 45 – 20.) o.16B-span wen 53 – 0.) Derde-span wen 27 – 7.) Tweede-span wen 27 – 14.) Eerste-span wen 24 – 16.

Puntemakers: Kamohelo Moses (een drie), Thumi Khoza (een drie), Arnold Ras (een drie), Alexander Maree (een drie) en Tiaan van Rooyen (twee doelskoppe).

Netbal

Op die netbalbaan het Voortrekker tien van die 16 netbalwedstryde teen Witteberg gewen. In die Wesgrow-liga wen hulle sewe.

  • Die uitslae is as volg: o.14-A-span verloor 10-21;) o.14-B-span verloor 6-8;) o.14-C-span verloor 8-11;) o.14-D-span wen 4-1;) o.15-A-span wen 22-7;) o.15-B-span wen 31-3;) o.15-C-span wen 20-0;) o.16-A-span wen 19-11;) o.16-B-span verloor 6-7;) o.18-A-span wen 38-33;) o.18-B-span wen 28-17;) o.18-C-span verloor 9-17 en) o.18-D-span verloor 5-15.
  • Vriendskaplike wedstyde: o.17A vs o.18B: wen 21-14;) o.18D vs o.18E: wen 20-5 en) o.16C vs o.16B: wen 30-5.

Hier is Jasmine Liebenberg (regs), van die Hoërskool Voortrekker se eerste-netbalspan, in aksie tydens die 2023 Derby wat by die Hoërskool Witteberg op Saterdag (12/05) aangebied is. Die Voortrekker-span het hierdie wedstryd teen die Witteberg-spelers met ’n eindtelling van 38 – 33 gewen. Foto: Willie Kruger

You need to be Logged In to leave a comment.