Dit is strooptyd in die Vrystaat en Dawid de Villiers (18 maande) geniet dit gate uit op ’n? vragmotor vol mielies terwyl sy pa, Derick, stroop. Sy ma, Anna Maria, sê klein Dawid geniet dit om saam met sy pa op die plaas bedrywig te wees – veral as hy so tussen die mielies kan sit en speel. Die foto is op 11 Julie op hul plaas 20 km buite Kroonstad geneem. “Ons is eerlikwaar baie geseënd, veral ná die baie reën vroeër vanjaar toe ons nie seker was oor hoe die oeste gaan lyk nie – maar met dankbaarheid kan ons sê die oeste lyk verbasend goed.” Foto: Anna Maria de Villiers


Stroop plesier uit nuutste oes

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article