Die Ignite en Revive-fees spog vanjaar weereens met kindervermaak en verhoogproduksies uit die boonste rakke.
Buiten ’n groot verskeidenheid kinder- en sportaktiwiteite, sal die ATKV-produksies hope vermaak aanbied.
Dié familiefees in samewerking met die ATKV bied aan:
Die Mooiste Monsters op Safari
Z hierdie ATKV-kinderproduksie neem oud en jonk op ’n avontuur deur Australië. Hier leer hulle nie net van die nuwe diere nie, maar ook so paar lesse oor vriendskappe, vergifnis en die gevaar van tegnologie.
Die produksie sal Saterdag 31 Augustus om 10:00 plaasvind, teen R20 per kaartjie.
Sjarrap en eet jou kos, met dramaturg en aktrise Ilne Fourie, sal skaterlag-vermaak aanbied. Die produksie sal om 15:00 plaasvind, teen R50 per kaartjie.
Die Indringer is ’n hedendaagse weergawe van die barmhartige Samaritaan, uit die pen van bekende skrywer Maretha Maartens. Kaartjies kos R50 per persoon en die vertoning sal om 12:00 op die planke wees.
Stoepsessies met Christi-Ann Lombard en Peter Taljaard vind om 11:00 en 14:00 plaas, en is gratis vir feesgangers.
Hierdie produksies is geskik vir die hele gesin. Vir meer inligting, besoek die Ignite en Revive-sosialemediaplatforms of igniteandrevive.co.za.
Kinders kan ook uitsien na ure se pret en vermaak by die pretpark wat deur Decor World en Just Property geborg is. Veilige speeltoerusting met prettige aktiwiteite vir al die kleingoed sal tydens die fees beskikbaar wees.