Die kleurige stopplek langs die Vredefort-Kroonstad-pad sal verbygangers se oog beslis tref. Dit is die handewerk van Corna Visagie en Tewis Lotter van Kroonstad. Hulle het dié onooglike ruimte saam met drie werklose mense omskep. Ongeveer 150 vullissakke vol rommel is weggery, terwyl die vullisdrom, tafel en sitplek oorgeverf is. Mense word aangemoedig om hier foto’s te neem en dit selfs op die sosiale media te deel sodat dié ruimte weer kan herleef. Hier is een van die eerste foto’s wat hier geneem is, van Caro Louw en Spaski Geldenhuis.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM