Stokke swaai vir tehuis

Die internetverskaffer Herotel het Saterdag (07/05) ten bate van liefdadigheid ’n gholfdag by die Kroonstad-buiteklub aangebied.


Die internetverskaffer Herotel het Saterdag (07/05) ten bate van liefdadigheid ’n gholfdag by die Kroonstad-buiteklub aangebied.

“Die opbrengs sal aan Huis Silwerkroon in Kroonstad geskenk word om so ’n bydrae tot die huis se uitgawes en instandhouding te maak,” sê Nadia Wiid, Herotel se bemarkingskoördineerder vir die streek.

Pryse ter waarde van R15 000 was op die spel.

Neil Keevey en Henry Thompson, met ’n telling van 61, was die algehele wenner van die gholfkompetisie.

Leon Els en Petri Kunz was tweede, met Herna Els en Christelle Froneman in die derde plek.

Nikita van Wyk van Kroonstad was die wenner van die gelukstrekking.

Herotel bedank elke sakeonder­neming en individu wat ’n bydrae gemaak het om van die gholfdag ’n sukses te maak.

  • Herotel is bekend vir betroubare vesel­internetverbindings.

Die pakkette begin by R499 vir 50 Mbps, en opsies van tot 200 Mbps is beskikbaar.

Vesel bied aan verbruikers vinnige internetverbinding wat meer bekostigbaar as data of ADSL- en LTE-breëbanddienste is.

Dit is die goedkoopste opsie vir ’n verbinding van goeie gehalte.

Belangstellendes kan meer inligting bekom deur ’n WhatsApp-boodskap na 081-711-8480 te stuur. Herotel se kantoor kan by Brandstraat 60, Kroonstad, besoek word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.