Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Trio laat die hokkiestokke praat teen Sentraal

Die Hoërskool Trio se seuns-hokkiespanne het op Vrydag 8 Maart indrukwekkend geseëvier deur drie van hul vier wedstryde teen die Hoërskool Sentraal te wen.


Die Hoërskool Trio se seuns-hokkiespanne het op Vrydag 8 Maart indrukwekkend geseëvier deur drie van hul vier wedstryde teen die Hoërskool Sentraal te wen.

Die spanne van dié skole, onderskeidelik van Kroonstad en Bloemfontein, het teen mekaar meegeding in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat op Trio se sintetiese hokkieveld in Kroonstad beslis is.

Trio se o.18A-span het gewen met 4 – 0, die o.18B-span met 2 – 1 en die o.16A-span het met 3 – 2 gewen. Dit was net die o.14A-span wat die knie moes buig toe Sentraal Trio met 5 – 0 verslaan.

Ivan de Bruyn van Trio se eerste span is as die speler van die wedstryd aangewys.

Trio en Sentraal se ander sportspanne sal mekaar later vanjaar pak.

Trio speel op Saterdag 16 Maart teen die Hoërskool Diamantveld in Kroonstad in dié reeks.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.