Stilbly nie die antwoord

Dit is nie net in verkiesings dat ’n mens jou stem kan – en moet – laat hoor nie.


Dit is nie net in verkiesings dat ’n mens jou stem kan – en moet – laat hoor nie.

In die nadraai van Kinderbeskermingsweek, wat van 29 Mei tot 5 Junie plaasgevind het, sê adv. Salomé Scheepers van die Nasionale Vervolgings­gesag dat dit ’n oortreding van die wet is om nié die verwaarlosing, mishandeling of seksuele uitbuiting van ’n kind by die polisie aan te meld nie.

Selfs al het jy net ’n sterk vermoede dat so iets met ’n kind gebeur, of dat die kind aan huishoudelike geweld blootgestel word, het landsburgers die plig om dit aan te meld.

Iemand wat versuim om so iets aan te meld, kan tot vyf jaar gevangenisstraf ontvang.

So baie mense laat nie hul stem hoor nie; ’n stem wat ’n verskil kon maak.

In dié konteks is daar lede van ’n gemeenskap wat weet wie by, byvoorbeeld, die steel van elektriese koperkabels betrokke is – toerusting wat onontbeerlik vir die infrastruktuur is. Hulle weet in baie gevalle wie dit is wat dwelmsindikate help om hul misdryf suksesvol te bedryf; ’n misdaad wat dieselfde gemeenskap ten ergste benadeel. Net so is daar diegene wat weet wie vir die ontvoering van kinders verantwoordelik is.

Op sy blog skryf Freek Zilvold, ’n lewensafrigter, dat wanneer ’n mens jou stem laat hoor, jy ’n situasie kan beïnvloed en ander mense kan motiveer om dieselfde te doen.

Ene Ida Wells-Barnett het geskryf: “The way to right wrongs is to turn the light of truth upon them.”

Om jou stem in bogenoemde gevalle te laat hoor, is om die waarheid te praat.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.