Dit is vir haar belangrik om haar span met ’n positiewe gesindheid te lei asook om hulle te inspireer om hul beste te gee en te strewe na sukses. Sy hoop om ’n ondersteunende omgewing te skep waar elke lid in die span die geleentheid gebied word om te groei en te verbeter.

’n Hoogtepunt vir Tharina en haar spanmaats in die seisoen was toe hulle die Eunice High School tydens ’n netbaltoernooi wat by die Hoërskool Waterkloof in Pretoria plaasgevind het, kon klop.

Tharina sê ’n goeie leier is iemand wat met eerlikheid, integriteit en voorbeeld lei, wat deur hul aksies ander kan motiveer om hard te werk en hul beste te gee. ’n Leier moet goeie kommunikasievaardig-hede hê om só vertroue en verbeterde samewerking binne die span te skep. Sy probeer om die bogenoemde toe te pas deur na haar spanlede te luister, hul perspektiewe te waardeer, hulle te ondersteun, en ’n omgewing van vertroue en respek te skep.

Ons span is gemotiveerd en sien baie uit na vanjaar se derby. Dit is vir ons ’n groot voorreg om ons skool by die derby te verteenwoordig. As kaptein gee ek erkenning aan elke speler vir hul harde werk en herinner hulle aan die ondersteuning van ons ouers, skool en ondersteuners en dat ons net ons beste sal lewer.”

You need to be Logged In to leave a comment.