Stand van land is nog omkeerbaar

Met die begrotingsrede wat vandag gelewer word deur Enoch Godongwana, Suid-Afrikaanse minister van finansies, is alle oë weer op die regering – kort ná die staatsrede deur pres. Cyril Ramaphosa.


Met die begrotingsrede wat vandag gelewer word deur Enoch Godongwana, Suid-Afrikaanse minister van finansies, is alle oë weer op die regering – kort ná die staatsrede deur pres. Cyril Ramaphosa.

Suid-Afrikaners hou met goeie rede die ANC al hoe meer verantwoordbaar vir sy besluite. In 2024 is dit 30 jaar dat die regerende party aan die stuur van sake in die land staan. Dit is duidelik dat hy nie daarin kon slaag om ’n sukses van die geleentheid te maak nie.

Daar is bykans nie ’n dorp in Suid-Afrika wat nie geknak is nie. Op sosialemediagroepe, veral in die Vrystaat, word dieselfde kwessies in byna elke dorp deur inwoners ervaar.

Dit is skynbaar ’n onbegonne taak vir die regerende party om sy vinger op die pols te hou, en mense van alle rasse en kulture is duidelik keelvol vir die omstandighede waarin hulle moet leef.

Dus, met die 2024-verkiesing op hande, sal elke landsburger mooi met besin voordat hy sy kruisie gaan trek. Die land kan nie die toekoms op die huidige stand van sake bou nie.

Om die situasie radikaal om te keer kan dalk soos ’n ongbegonne taak lyk, maar liewer laat as nooit.

Soos die meeste gemeenskappe reeds bewys het oor kleur-, kultuur- en selfs geloofsgrense heen: Mense kan hande vat om die saak te probeer beredder.

Dit is nou die tyd – steek jou hand uit en maak ’n verskil.

You need to be Logged In to leave a comment.