Die spuitfontein op die verkeersirkel by die suidelike ingang na Kroonstad is danksy verskeie belanghebbendes en sakeondernemings in die dorp na sy eertydse glorie herstel. Harde werk is einde Februarie gedoen om die spuitfontein weer te laat werk. Dit was inderdaad ’n groot oomblik toe die watertoevoer aangeskakel is en die fontein weer spuit – ’n lus vir die oog. Verskeie sakeondernemings, inwoners en ander belanghebbendes is sedert verlede jaar druk besig om herstel- en opknappingswerk in die dorp te doen, en die projekte werp nou vrugte af. Vir meer inligting en om te sien hoe die werk vorder, besoek gerus die Ignite & Revive Kroonstad Facebook-blad. Foto: Madli Grobbelaar