Sportreeks hervat

Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is weer in volle gang, en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem (BVHS) het die naweek teen die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein kragte gemeet.


Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is weer in volle gang, en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem (BVHS) het die naweek teen die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein kragte gemeet.

Voortrekker se eerste netbalspan bly onoorwonne in die reeks en spog met sy sesde oorwinning agtereenvolgens.

Die wedstryd teen Tralies se eerste span is uit die staanspoor deur die Trekkers oorheers. Die eerste kwart se rustydtelling was 5 – 1.

Sentraal het in die tweede kwart hard teruggeveg en ’n telling van 10 – 8 bewerkstellig. Dit was egter in die derde kwart dat Voortrekker die sluise behoorlik oopgemaak het en die telling na 19 – 10 opgestoot het. Voortrekker het die wedstryd met ’n telling van 23 – 14 beklink.

Op verdedigende spel het veral Marlilé Jonck beïndruk, en aanvallend het Jasmine Liebenberg uitgestaan.

Voortrekker se rugbyspanne het ook goed presteer, en die eerste span spog met ’n wegholsege van 59 – 12. Die rustydtelling was 17 – 7 in die guns van Voortrekker. Die spelers wat die puntemakers was met drieë is: Karabelo Chaka (1), Frederik Fourie (1), Kamohelo Moses (1), Arnold Ras (3), Jayden de Jesus (1), Tristan Meyer (1) en Dawie Fourie (1). Doelskoppe is aangeteken deur Adriaan Bonthuys (7).

Die meisieshokkiespanne van Voortrekker het goed gevaar; die eerste span het met 9 – 1 gewen en die tweede span met 7 – 0.

Die eerste seuns­hokkiespan van Voortrekker het met ’n telling van 2 – 1 geseëvier.

Netbal

o.14A: BVHS 14 – Sentraal 13o.14B: BVHS 6 – Sentraal 18o.14C: BVHS 10 – Sentraal 30o.14D: BVH 28 – Sentraal 10o.15A BVHS 9 – Sentraal 25o.15B: BVHS 9 – Sentraal 21o.15C: BVHS 12 – Sentraal 29o.15D: BVHS 8 – Sentraal 23o.16A: BVHS 14 – Sentraal 8 o.16B: BVHS 18 – Sentraal 16 o.16C: BVHS 21 – Sentraal 18 o.17A: BVHS 8 – Sentraal 31 o.19A: BVHS 23 – Sentraal 14o.19B: BVHS 21 – Sentraal 11 o.19C: BVHS 8 – Sentraal 23o.19D: BVHS 9 – Sentraal 18

Rugby

o.14A: BVHS 26 – Sentraal 0o.14B: BVHS 14 – Sentraal 5 o.15A BVHS 34 – Sentraal 17o.15B: BVHS 5 – Sentraal 31 o.16A: BVHS 36 – Sentraal 19 o.16B: BVHS 21 – Sentraal 7 derde span: BVHS 65 – Sentraal 0

tweede span: BVHS 60 – Sentraal 7

eerste span: BVHS 59 – Sentraal 12

Meisieshokkie

eerste span: BVHS 9 – Sentraal 1tweede span: BVHS 7 – Sentraal 0o.16A: BVHS 2 – Sentraal 0o.16B: BVHS 3 – Sentraal 2o.14A: BVHS 3 – Sentraal 3

Seunshokkie

eerste span: BVHS 2 – Sentraal 1tweede span: BVHS 2 – Sentraal 1o.16A: BVHS 0 – Witteberg 4o.14A: BVHS 0 – Witteberg 7

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.