Sportlui hiér vereer

Die Vrystaat se top-sportlui word op ’n glansryke geleentheid op Donderdag 12 Oktober in Bloemfontein vereer.


Die Vrystaat se top-sportlui word op ’n glansryke geleentheid op Donderdag 12 Oktober in Bloemfontein vereer.

Die gasspreker op vanjaar se Vrystaatse Sportster van die Jaar-toekenningsgeselligheid is die afrigter van die vrouesokkerspan Banyana Banyana, Desiree Ellis.

Ellis, ’n voormalige speler vir Suid-Afrika se vrouesokkerspan en ook destydse kaptein van die span, het vanjaar in die Fifa Sokkerwêreldbeker in Australië ’n geskiedkundige wedstryd in die groepfases teen Italië gewen. Die Banyana Banyana het Vrydag in Amerika in ’n vriendskaplike wedstryd teen dié nasionale span gespeel voordat hulle op 4 Oktober teen Malawi in die Raad vir Suidelike Afrikaanse Voetbalverenigings (Cosafa) se Vrouebeker begin speel.

Tydens die Sportster van die Jaar-geleentheid gaan die provinsie se top-sportlui vereer word vir hul prestasies.

Die geselligheid word gesamentlik aangebied deur Sentraal24 en die Universiteit van die Vrystaat (UV), met borgskappe wat die glansaand moontlik maak.

Frans Steyn, 2022 se sportster van die jaar, tweemalige Rugby­wêreldbeker-wenner en ’n sportster afkomstig uit dié provinsie, sê erkenning aan ontluikende sportlui van veral die platteland wat die provinsie se naam in die land, of internasionaal hoog hou, is belangrik.

Steyn is op die bekroningsaand in 2022 nie net as sportman van die jaar nie, maar boonop as wenner van die trofee vir sportster van die jaar aangewys.

Steyn meen dit is veral belangrik dat kinders en jong mense se deursettingsvermoë en voorbereiding erken word.

“Dit moedig hulle aan.”

DB Prinsloo, voormalige direkteur van KovsieSport, beaam dat die erkenning van prestasies soos op Vrystaatse Sportsterre veral vir leerlinge belangrik is.

“Hulle kry erkenning vir die harde ure wat hulle reeds aan hul passie gewy het. Dit motiveer hulle om selfs nog harder te werk om hul sportdrome te verwesenlik,” sê hy.

Hou Sentraal24 se gemeenskapskoerante Bloemnuus, Express, Vistaen VrystaatKroondop vir vanjaar se benoemings en ander inligting oor die aand.

Kaartjies is teen R440 of R4 400 per tafel van tien beskikbaar vir die glansaand by Monte Bello in Bloemfontein. Die verrigtinge sal om 18:00 vir 18:30 begin.

Bespreek kaartjies en rig navrae aan Ainslee Oosthuyen by 074-120-4450, of stuur vir haar ’n e-pos na ainslee@spottedapple.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.