Spog gerus met gr. 12’s

Die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement het bevestig dat die uitslae van die Nasionale Seniorsertifikaateksamen vir 2022 op 19 Januarie uitgereik sal word.


Die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement het bevestig dat die uitslae van die Nasionale Seniorsertifikaateksamen vir 2022 op 19 Januarie uitgereik sal word.

Skole in VrystaatKroon se verspreidingsgebied word genooi om inligting oor hul toppresteerders in matriek waarvan sewe of meer onderskeidings verwag word na marita.herselman@24.com te stuur.

Die inligting oor die betrokke presteerder moet van ’n individuele foto van goeie gehalte vergesel word.

Die koerant verneem ook graag van leerlinge wat die eksamen onder uitsonderlike of uitdagende omstandighede suksesvol voltooi het.

Stuur inligting oor so ’n leerling na die bostaande e-pos-adres, of deel die wenk deur e-pos na madmedia777@gmail.com te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.