Spelers spook sake uit op rolbalbaan

Die Valsrivier Veterane-enkelspel­rolbaltoernooi het op 23 November in Kroonstad plaasgevind.


Die Valsrivier Veterane-enkelspel­rolbaltoernooi het op 23 November in Kroonstad plaasgevind.

Die wenners in die vroueafdeling was Linda van Caspel van die Kroonstad-rolbalklub wat die eerste plek behaal het, Catrien Koekemoer van die Koppies-rolbalklub het tweede plek behaal en Annelie Boucher, ook van die Kroonstad-rolbalklub, het in derde plek geëindig.

In die mansafdeling het De Wet Steenkamp (Kroonstad-rolbalklub) skoonskip gemaak en is as die algehele wenner in hierdie afdeling aangekondig, met Dirk Delport (Frankfort-rolbalklub) in tweede plek. Giep Nel (Kroonstad-rolbalklub) was derde.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.