Die eindronde van die ATKV en Akademia se Uitklopspel is op 15 Oktober by Grey-kollege aangebied.
Leerders van ses provinsies en 55 skole het deelgeneem aan die spelkompetisie, waarvan die algehele wenners op verlede week se geleentheid bepaal is.

Die uitslae is:
- Gr.6 en gr.7, Afrikaans eerste addisionele taal (23 spellers) − Noah Kennedy (St Andrew’s School) as wenner; Hlalefang Aaron (Laerskool Onze Rust) tweede; en Tandowethu Tshoniswa (Laerskool Brandwag) derde.
- Gr.6 en gr.7, Afrikaans huistaal (47 spellers) − Gea March (Laerskool Oranje Noord in Upington) as wenner; Daniël Joubert (Laerskool Fontainebleau in Gauteng) tweede; en Anneri Rossouw (Laerskool Die Rots in Gauteng) derde.
- Gr.8 en gr.9, Afrikaans eerste addisionele taal (28 spellers) − Alondrea Flooks (St Michael’s School) as wenner; Precious Mkhefa (Brebner High School) tweede; en Ayathandwa Dlayedwa (Hoërskool Van Reede in Oudtshoorn) derde.
- Gr.8 en gr.9, Afrikaans huistaal (54 spellers): Mischka Fourie (Hoërskool Fichardtpark) as wenner; Mia van der Merwe (Hoërskool Dundee) tweede; en Josua Potgieter (Grey-kollege) derde.
- Gr.10, gr.11 en gr.12, Afrikaans huistaal (50 spellers) − Mari-Lize Roos (Hoërskool Ferdinand Postma in Noordwes) as wenner; Megan Cruickshank (Hoërskool Linden in Gauteng) tweede; en Thomas Rossouw (Hoërskool Sentraal) derde.







You must be logged in to post a comment.