In die tweede laaste bepalings van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is daar behoorlik kragte gemeet, met die einde van die reeks wat in sig is.
Die skole se rugby-, netbal- en hokkiespanne het baie aksie die afgelope naweek aangebied.
Spook sake uit
Die Hoërskool Witteberg se sportspanne het teen die Hoërskool Jim Fouché (JF) van Bloemfontein op hul tuisvelde te staan gekom.
Witteberg se rugbyspanne het besonders goed gevaar en het sewe van die nege wedstryde gewen.
Die eerste rugbyspan van Witteberg klop JF met ‘n indrukwekkende 35 – 18 op die telbord.
In Kroonstad het die Hoërskool Trio teen die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein te staan gekom.
Trio se rugbyspanne het die velde oorheers en die eerste span wat reeds vanjaar ‘n baie goeie seisoen agter die rug het, oortref Fichardtpark met 22 − 13.
Op die netbalbaan is gemengde uitslae deur die 11 spanne wat deelgeneem het, behaal.
Trio se eerste meisiehokkiespan het Fichardtpark met eindtelling van 3 – 2 op die telbord geklop.
Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het teen die Hoërskool Diamantveld van Kimberley kragte gemeet. Voortrekker se eerste rugbyspan het in ‘n naelbytstryd met 31 – 33 teen Diamantveld verloor.
Die eerste meisiehokkiespan van Voortrekker het hul wedstryd met 1 – 0 gewen en die seunsspan het naelskraap met een punt verloor.
Die kragmetings het onderskeidelik op Vrydag 25 Julie en Saterdag 26 Julie plaasgevind.
Hou VrystaatKroon se Facebook-blad dop vir die finale bepalings van die reeks.




You must be logged in to post a comment.