Spanwerk inspireer

“Die idee van Lottoland help ’n dorp het by my posgevat toe ek na ’n onderhoud van André van Pletzen geluister het nadat Kroonstad Kwêla op kykNET se Dorp van die jaar-kompetisie gewen het. Ons het besluit om dorpe wat ’n verskil maak te help,” sê Ma


“Die idee van Lottoland help ’n dorp het by my posgevat toe ek na ’n onderhoud van André van Pletzen geluister het nadat Kroonstad Kwêla op kykNET se Dorp van die jaar-kompetisie gewen het. Ons het besluit om dorpe wat ’n verskil maak te help,” sê Maryke Haywood, bemarkingshoof van Lottoland.


Lottoland help ’n dorp
is ’n nuwe televisiereeks waardeur inwoners van dorpe wat ’n verskil in hul gemeenskap wil teweegbring, ondersteuning van Lottoland ontvang.

Lottoland het vanjaar ’n eerste keer aan die wenner van die Dorp van die jaar-kompetisie, ’n miljoen rand geskenk vir dié dorp, Delmas, se opknapping en instandhouding.

Die Ignite and Revive-groep in Kroonstad doen reeds sedert 2016 opruiming en herstelwerk in Kroonstad, en amper sewe jaar later staan die groep sterker as ooit.

Ignite and Revive reken omdat die gemeenskap, sakeondernemings en die plaaslike owerhede hande gevat het kon hy ’n verskil maak – en dat projekte steeds volhoubaar is.

Intussen het Ignite and Revive reeds 70 dorpe oor Suid-Afrika heen met raad en daad bygestaan en leiding gegee.

André van Pletzen, ’n stigterslid van Ignite and Revive, sê dit is belangrik om eienaar- skap te neem en moue op te rol om ’n verskil te maak. Hy is dankbaar vir elke betrokkene in die dorp wat die Dorp van die jaar-oorwinning moontlik gemaak het en dat dit vir Lottoland ’n inspirasie kon wees vir dié nuwe program.

Die opname van die Kroonstad-program het einde September plaasgevind, en Haywood het kom inloer om te sien hoe die werksaamhede in die dorp vorder. Die ingange na die dorp is op verskeie maniere verfraai en ’n staalstellasie met ’n geestelike simboliek wat die Drie-eenheid verteenwoordig, is by die noord-ingang op die Lottoland-sirkel opgerig.

Kroonstadters is bekend om hul gasvryheid en al die betrokkenes, sakemanne en -vroue, die Lottoland-span en Leah, aanbieder van die program, kon heerlik saamkuier met ’n worsbraaigeselligheid en middagete.

Op die geselligheid het verskeie belanghebbendes hul trots en dankbaarheid uitgespreek dat daar so ’n groot verskil in die dorp uitgerig is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.