“As kaptein is dit my doel om my span op te bou, te motiveer en na die beste van my vermoëns hulle op die veld te lei. Dit is belangrik dat elke speler so gemotiveerd is om net hul beste weergawe op die hokkieveld te wees. Die span is soos een groot familie en ons deel ’n besonderse en hegte band.”
Buiten die jaarlikse derby was ’n hoogtepunt vir die span toe hulle die Dale College Boys’ Primary School-span tydens die Belling-hokkietoernooi in Oos-London met ’n telling van 4 – 1 geklop het.
“Ek is trots op ons span wat in die laaste 15 minute van die taai wedstryd twee doele kon aanteken om die wen te beklink.”
Tiaan sê ’n goeie leier is iemand wat luister en sy span so kan oplig en motiveer om net hul beste te lewer. ’n Leier gee ruimte vir elke speler om te groei en hul volle potensiaal te bereik. Standvastigheid en beheer in slegte tye is ook goeie eienskappe.
Die span is gerat vir die derby en sien baie uit na die geleentheid. Hulle is dankbaar vir hul talente en die fokus is op God wat vir hulle die voorreg bied om vir Voortrekker te kan speel. Hul motivering is om te fokus op die goeie punte en hard te werk, asook om enige swakpunte te verbeter.


