Die Kroonstad-rugbyklub is die wenner van die Sandveld-liga. Dié span het op sy tuisveld die span van Hoopstad met 10 – 8 geklop. Foto: Verskaf


Die Kroonstad-rugbyklub het ’n uitstekende rugbyseisoen beleef. Dié span is as die wenner van die Sandveld-liga gekroon.

Uit die ses ligawedstryde – teen Hoopstad, Bothaville, Viljoenskroon, Theunissen, Bultfontein en Parys – het Kroonstad een wedstryd teen Parys verloor en gelykop teen Hoopstad gespeel.

In die halfeindstryd het die span weer teen Bothaville gespeel. Kroonstad het met 22 – 18 gewen.

Die span dring toe na die eindstryd op 9 Mei deur om teen Hoopstad kragte te meet en as oorwinnaar op sy tuisveld uit die stryd te tree met ’n eindtelling van 10 – 8.

“Ons is dankbaar vir ’n uitstekende rugbyseisoen; die manne het hul beste gegee. Dankie ook aan al die ondersteuners en veral ons borge wat dit moontlik gemaak het,” sê TP Kleynhans, spanbestuurder.

You need to be Logged In to leave a comment.