Die sukses agter ’n plaaslike onderneming om sy mondigwording in ’n gemeenskap te vier, word erken aan uitstekende klantediens, topgehalte-produkte en die betrokkenheid in die gemeenskap.
Die gewilde Maningi Meats in Kroonstad vier vanjaar hul 21ste bestaansjaar. Die slaghuis het in 2003 ontstaan en is die breinkind van die vorige eienaar Simon Welgemoed, wat sedertdien goeie diens en gehalte-vleisprodukte aan die Kroonstad-gemeenskap en omgewing verskaf.
Welgemoed sê met die ontstaan van Maningi Meats 21 jaar gelede was daar reeds verskeie suksesvolle slaghuise in Kroonstad en moes sy onderneming iets unieks en anders aan die gemeenskap bied.
Maningi Meats se geheime wapen om sy suksesvolle bestaan te verseker was die fokus op uitstekende klantediens waar elke klant wat deur die slaghuis se deur loop hartlik ontvang word, en van puik diens verseker is.
Saam met die fokus op klantediens is topgehalte en kwaliteit produkte wat in elkeen se smaak val, hul prioriteit.
Vanaf die vleisprodukte, liplekker wegneemetes en hul gesogte droëwors wat wêreldwyd versend word, is klante verseker van topgehalte-produkte.
“Dit is vir ons ’n voorreg om aan die Kroonstad-gemeenskap en omgewing ’n onderneming te bied wat oor die jare na hulle belange kon omsien. Ons ploeg ook graag terug deur middel van betrokkenheid in die gemeenskap, wat strek vanaf werkskepping, borgskappe tot die gratis verwerking van vleis vir die onderskeie kerke se basaars.”
Alhoewel Maningi Meats onlangs ’n reuse-terugslag beleef het, het die onderneming dit omarm om aan hul lojale en getroue klante ’n splinternuwe, moderne en opgegradeerde Maningi Meat te bied.
Werner Welgemoed, Simon se seun, en vennoot Hugo Pretorius staan nou aanstuur van die gewilde slaghuis.
“Kom loer gerus na ons nuut-opgegradeerde slaghuis met baie nuwe verwikkelinge. Ons is opgewonde om al ons bestaande asook voornemende klante by die nuwe Maningi Meats by Murrystraat 34, Kroonstad, te verwelkom,” sê Pretorius.
Voortreflike diens en gehalte-produkte word vereenselwig met Maningi Meats. Klante word vriendelik uitgenooi om met enige voorstelle te kom indien hulle spesifieke produkte op die rakke wil sien.
“Dankie Kroonstad, en al ons ander lojale klante, vir jul volgehoue ondersteuning wat van ons onderneming ’n sukses in die afgelope 21 jaar gemaak het. Ons wil daarop voortbou en kan nie wag om julle vir die volgende 21 jaar met net die beste diens en produkte te bedien nie.”
Gedurende Oktober, ter viering van Maningi Meats se 21ste bestaansjaar, staan 21 klante die kans om pryse te wen. Spandeer R210 of meer om in aanmerking vir dié kompetisie te kom. vir een van die pryse