Span die kroon en help Kroonstad wen

Vrystaters en Kroonstad-liefhebbers laat julle vingers die praatwerk hierdie Sondag , 17 Julie doen, deur vir Kroonstad as die kykNET Kwêla Dorp van die Jaar te stem.


Vrystaters
en Kroonstad-liefhebbers laat julle vingers die praatwerk hierdie Sondag , 17
Julie doen, deur vir  Kroonstad as die kykNET Kwêla Dorp van die Jaar te
stem.

Stemlyne open Sondagaand om 19:00 en die publiek sal geleentheid kry om
tot Vrydag (22/07) om 12:00 vir Kroonstad te kan stem.

Die stemproses sal via
SMS geskied. SMS die dorpsnaam Kroonstad na 33157 teen R1.50 per sms. 
Dertig stemme per telefoonnommer word toegelaat.

Die Ignite en Revive
gemeenskapsorganisasie wat verantwoordelik is vir die wonderlike herlewing in
Kroonstad en al verskeie opslae gemaak het, asook die plaaslike munisipaliteit
en opgewonde inwoners moedig mense aan om vir Kroonstad te stem. Hulle hoop om
die  eens glorieryke dorp langs die Valsrivier weer ‘n toerustebestemming te
maak en aanloklik vir beleggers.

Die wendorp sal R1 miljoen se
bemarkingswaarde vanaf kykNET ontvang en ? heerlike makietie word beplan wat
gebeeldsend sal word. 

You need to be Logged In to leave a comment.