Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem (BVHS) se eerste rugbyspan is as die naaswenner in die Shimla-liga se Kovsiebeker-stryd aangewys.
Dit nadat die span in ’n taai eindstryd teen Welkom-Gimnasium by die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein met ’n eindtelling van 19 – 27 verloor het.
Die puntemakers Frederik Fourie en Cecil Parsons het die drieë gedruk, en Andriaan Bonthuys het twee doelskoppe deur die pale gestuur. Ondanks die nederlaag het die span ’n uitstekende seisoen beleef met talle hoogtepunte. In die halfeindstryd het BVHS die Landboudal-span behoorlik laat les opsê.
BVHS se eerste rugbyspan is as die algehele wenner van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks aangewys. Die skool se eerste meisiehokkiespan is as algehele wenner van dié reeks aangewys.